• MySchool MyVillage MyPlanet is ’n Suid-Afrikaanse fondsinsamelingsprogram wat broodnodige fondse vir skole, welsyns- en liefdadigheidsorganisasies werf en verskaf met die doel om onderwys, sosiale ontwikkeling en die omgewing te verbeter.
  • MySchool MyVillage MyPlanet-lede word aangemoedig om deel te neem deur bloot hul kaarte by deelnemende besighede en vennote te gebruik. Dit sluit nasionale vennote, asook plaaslike individuele deelnemende winkels in.

    Nationale vennote:

    Local partners:

    • Arizona Spur, Eikestad Mall
    • Viljoen Juwelliers
    • Dassiesfontein Padstal, N1
  • MySchool MyVillage MyPlanet werk deur ondersteuners wat aansoek doen vir ‘n kaart en dan self hul gunsteling skool of liefdadigheidsorganisasie kies om daarby te baat. ’n Klein persentasie van hul transaksie word dan toegeken aan hul gekose skool of liefdadigheidsorganisasie. Al hierdie transaksies word verwerk en individuele ondersteuners ontvang ’n maandelikse staat.
  • Lede hoef geen koste te dra nie. Die winkel of vennoot maak ’n donasie van tot 10% van die lid se totale aankope aan die begunstigde(s) gekies – namens hulle.
  • ’n Lid kan tot 3 begunstkigdes(skole of liefdadigheidsinstellings) aanwys per kaart. Die donasie aan die begunstigdes deur die winkel of vennoot word dan gelyk op verdeel tussen hulle.
  • Daar is 3 tipe begunstigdes om te ondersteun: MySchool, MyVillage of MyPlanet.
  • MySchool-begunstigdes is skole wat op die MySchool-fondsinsamelingslys verskyn
  • MyVillage-begunstigdes is liefdadigheidsorganisasies wat verbetering meewerk vir gemeenskappe en individue op verkseie wyses, buite die skoolomgewing, soos kinderhuise, SOS-kinderdorpe, CHOC, Hospice en die NSRI.
  • MyPlanet-begunstigdes is organisasies wat fokus op die verbetering en bewaring van die omgewing en diere, soos The Society for Animals in Distress, Endangered Wildlife Trust, Dierebeskermingsvereniging en Birdlife SA
  • Thuso Skoolfonds kan ook as ’n begunstigde gekies word. Hierdie fonds is daargestel om skole dwarsoor Suid-Afrika wat baie onderbefonds en nie goed toegerus is nie, te ondersteun ten opsigte van voedingskemas, skryfbehoeftes, fasiliteite en ander behoeftes.
  • Thuso Village-fonds – ondersteun groepe liefdadigheids- en dierebeskermingsorganisasies wat groot behoeftes het ten opsigte van hulpbronne.
  • MySchool MyVillage MyPlanet bestuur die uitreik van kaarte, vaslegging van transaksies, stuur rekeninge aan vennote en ken die fondse aan die regte begunstigdes toe. Die ondersteunerskaart is nie ’n krediet- of debietkaart nie, maar dien as ’n instrument waardeur belangrike ondersteunersinligting, soos die transaksies en die fondse wat ingesmael word vir ’n spesifieke skool of liefdadigheidsorganisasie, gemeet word.
  • Die aantal kere wat die kaart gebruik word, bepaal die sukses van die program. Ondersteuners kan hul kaarte by ’n verskeidenheid nasionale, streeks- en plaaslike kleinhandelaars met die MySchool MyVillage MyPlanet-stelsel gebruik
  • Om ’n ondersteuner te word, hoef jy slegs te registreer deur die aanlyn-aansoekvorm by www.myschool.co.za te voltooi, of die Kliëntekontaksentrum te skakel by 0860 100 445 (Maandae tot Vrydae, 8:00 – 17:00), of ’n Woolworthswinkel te besoek en ’n kaart by die Kliëntedienstoonbank te kry.

Kliek hier om die MySchool MyVillage MyPlanet Application Form May2011 af te laai.