Verskeie projekte sorg vir sosiale hoogtepunte op ons kalender en help om bykomende inkomstestrome te skep. Dit sluit in:

Kermis

kermis 

Ons hou twee maal per jaar kermis – in die begin van Junie en November. Die ouers en vriende van ons inwoners asook die publiek word uitgenooi om te kom koop en saamkuier. Die items wat te koop aangebied word, kom hoofsaaklik uit die handwerkkamers en die bakkery. Dit sluit in houtwerk (speelgoed en meubels), kunshandwerk (versierde duvet- en kussingslope, skinkbordlappies, kaartjies, ens.), naaldwerk (klere, kwilts en huishoudelike artikels), breiwerk (teemussies, serpe, ens.) en eetgoed (suurlemoenstroop, olywe, hoenderpasteie, klein koekies, beskuit, ens.)

Huis Horison se Somerkermis vind op Saterdag 3 November 2018 vanaf 8:00 tot 13:00 by die sentrum plaas. Kom deel in die pret by ons en ondersteun 'n goeie saak.

Gholfdag

gholfdag

Cluver Markotter Ing. is Huis Horison se gholfdag se hoof- en naamborg en vind jaarliks by Stellenbosch Gholfbaan plaas. Dagboek solank die datum vir 2018.

DATUM: Donderdag, 15 Maart 2018, afslaan vanaf 08:00 - 09:00 en 12:00 - 14:00 op die Stellenbosch Gholfbaan.


save the date

 

Vier-die-lewe ete

4DL

Van ons land se top sjefs wat gereeld pryse wen, soos onder meer Maritz Jacob van Longridge Restaurant, George Jardine van Jordan Restaurant, Grégory Czarnecki van Waterkloof Restaurant en Michael Deg van Delaire Graff, span elke jaar saam om ’n unieke koservaring vir ’n beperkte aantal gaste te skep.  Hulle skenk hul tyd, die bestanddele en maak hul restaurante beskikbaar om Huis Horison te ondersteun. 

Met geregte wat afgerond word deur uitsoekwyn van die Stellenboschomgewing en musiek deur van ons talentvolle plaaslike musici is dit jaarliks ’n geleentheid sonder weerga.

Die ete word op 9 September 2017 by Longridge aangebied. Stuur gerus vir Martie de Lange ‘n e-pos by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. indien u belangstel om die geleentheid by te woon.

Rolbalkompetisie

rolbal

Ons jaarlikse rolbalkompetisie vind op 17 November 2017 by Van der Stel-rolbalklub plaas. U kan vir Sonja de Klerk 'n e-pos stuur by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. indien u 'n span wil inskryf.

 

Verkope

verkope
Bakkery

Ons maak en verkoop hoenderpasteie, bobotie, klein koekies en beskuit. Kontak ons om jou bestelling te plaas, by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. Weekdae oop van 09:00 tot 16:00.
Pryslys

Handwerk en Houtwerk

Kom koop die produkte wat in ons handwerkkamer en houtwerkkamer gemaak word – soos houtspeelgoed, duvetoortreksels, serpe, kwilts en klere. Weekdae oop van 09:00 – 16:00.

Houtwerkpryslys